Belasting
Behoorlike belastingoorweging en beplanning is noodsaaklik vir die doeltreffende en effektiewe strukturering van korporatiewe strukture en kommersiële transaksies.
Ons professionele span se kundigheid stel OAK Law in staat om praktiese advies en leiding aan ons kliënte te verskaf rakende die effektiewe en doeltreffende belastingstrukturering van kommersiële transaksies en korporatiewe strukture.
As deel van ons diensaanbieding is ons in staat om kliënte by te staan met advies en leiding ten opsigte van die volgende:
- strukturering van kommersiële transaksies
- kapitaalwinsbelasting
- sekuriteitsoordragbelasting
- werknemersaandele- en ander aansporingskemas en verwante belasting
- verkryging van voorafbelastingbeslissings van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID)
- dividendbelasting
- inkomstebelasting
- B-BBEE transaksies
- belasting op toegevoegde waarde
- belasting menings